Hier kan u die seminare, kursusse en webinare besigtig wat ons reeds aangebied het of in die nabye toekoms gaan aanbied.
Opkommende Webinaar - Woensdag 15 April 2020 - 14:00 tot 14:30
Webinaar Onderwerp:
Tydelike werkgewer/werknemer verligting skema en ander subsidies - Herhaal sessie
As gevolg van die noodtoestand wat daar tans in die land heers, gekoppel aan die grendeltydperk, het RVA bestuur besluit om Woensdag 15 April 14:00 tot 14:30 en weer vanaf 15:00 tot 15:30 twee (2) herhaal webinare aan te bied vir u as lid sowel as vir u kliënte.
Die onderwerpe is as volg:
Woensdag 14:00 15 April 2020 tydsduur 30 minute. Die onderwerp is die Tydelike Werknemer / Werkgewer Verligting Skema (TERS – Temporary Employee / Employer Relief Scheme) en Werkloosheidsversekering (UIF) en hoe dit werk en hoe om aansoek te doen vir die subsidie in terme van die skema.
Woensdag 15:00 15 April 2020 tydsduur 30 minute. Die onderwerp is 9 tipe eise wat besighede voor kan aansoek doen bo en behalwe TERS byvoorbeeld eise t.o.v LBS, voorlopige belasting, skenkings van die Oppenheimer en Rupert groepe en banke.
Nooi asseblief u kliënte om ook die webinaar by te woon.
RVA beplan en hou gereeld webinare waar die algemene sakepersoon nut by kan vind.
Jaco van der Merwe
Voorsitter
Klik vir aflaai of pdf Opsommings
Die kostes verbonde aan hierdie webinaar is soos volg:
- Nie-Lid: R400.00
- RVA Admin en ander personeel: R200.00
- RVA Lid: R200.00
- RVA Lid Pensioenaris: R200.00
- RVA Leerlingrekenmeester: R200.00
Die RVA se bank besonderhede is soos volg:
Bank naam: Absa Bank
Tak: Lyttelton
Rekeningnommer: 92-5331-5126
Takkode: 632005
Verwysing vir die betaling moet wees:
- Vir lede – U lidnommer, voorletters en van;
- Vir nie-lede – U voorletters en van
E-pos die bewys van betaling na: admin@rva.org.za