Belastingopdatering 2021 Webinaar
Webinaarleier: Mnr Wessel Smit B.Com(Cum Lade) B.Com (Hons) HDip Belasting M.Com (Belasting) GR(SA)
Wessel Smit was voorheen aan PWC Bloemfontein en London verbonde vir 5 jaar. Vir 4 jaar was hy ‘n
senior lektor in belasting by UVS. Vanaf 2007 is hy in eie belastingpraktyk. Hy dien ook op verskeie van
SAIGR se streeks en nasionale belastingkomitees. Hy lewer bydraes tot geselekteerde hoofstukke van die
publikasie “Silke on South African Income Tax” vanaf 2004 tot datum. Hy is tans Voorsitter van die
SAIGR Sentrale Streek Belasting komitee en ook lid van SAIGR se Nasionale Belasting Administrasie
Sub-komitee. Hy het ook op verskeie geleenthede in die verlede voorleggings namens SAIGR aan die
Parlementêre Komitee oor verskeie wetgewing gemaak. Hy is ‘n gereelde gasspreker van “Money Web”
op RSG. Wessel het meer as 200 belasting verwante seminare die afgelope 10 jaar aangebied vir verskeie
organisasies insluitende SAIGR, SAIPA en SAIT gedoen.
Fokus van die Webinaar
Belastingopdatering 2021
Datums en Plekke:
Dag :Vrydag 16 April 2021
Tyd: 10:00 – 13:00nm
Hieronder is die skakel vir die betaling en registrasie vir die Belastingsopdatering 2021 webinaar:
Klik Hier – https://produkte.rva.org.za
‘n Rekenaar met klank en redelike internet toegang is ‘n vereiste!
Sertifikate vir VPO-ure sal verskaf word!
Sertifikate sal na afloop van die webinaar per e-pos aan elke webinaarganger gestuur word.
Algemene Inligting:
- Webinare word in Afrikaans aangebied.
- Registrasie sluit om 12:00 twee dae voor die webinaar.
- Registrasie en betaling moet bevestig word. E-pos of faks asseblief u bewys van betaling.
- Koste: RVA Lede: R600.00, RVA Admin en ander personeel: R600.00, RVA Leerlingrekenmeesters: R300.00, RVA Pensioenaris: R450.00, Nie-lede: R1200.00.
Die registrasiefooi is nie terugbetaalbaar in geval van kansellasie nie.
Rig navrae aan die RVA (Petra) by | Tel: 087 330 0613 x114 | Faks: 086 602 5088
E-Pos: admin@rva.org.za / Webtuiste: https://rva.org.za
Die RVA se bankbesonderhede is soos volg:
Absa Bank Lyttelton
Rekeningnommer: 92-5331-5126
Taknommer: 632005
Geliewe u lidnommer gevolg deur u voorletters en van as verwysing te gebruik.
Lede se nommer begin tans met 1 en nie-lede begin met ‘n N. Alle nommers is 4 karakters lank.